Sheldean Human 1999 - 2007 Sheldean Human (7). Sy het Sondag 18 Februarie 2007 verdwyn.
Download ReportTranscript Sheldean Human 1999 - 2007 Sheldean Human (7). Sy het Sondag 18 Februarie 2007 verdwyn.
Sheldean Human 1999 - 2007 Sheldean Human (7). Sy het Sondag 18 Februarie 2007 verdwyn. Haar lyk is Maandag 5 Maart 2007 gekry. 'n Foto van Sheldean in haar skooldrag. Sy was 'n graad 2-leerling aan die Laerskool Tuinrand. Die foto in skooldrag is gebruik om 'n plakkaat te maak om na haar te soek. Sheldean se ma, mev. Elize Human. Sy hou een van Sheldean se poppe vas om haar te troos. Dit was kort na Sheldean se verdwying. Nog 'n foto van Sheldean se ma, mev. Elize Human. In die agtergrond is Sheldean se fiets. Die polisie, saam met inwoners, het onverpoos na Sheldean gesoek. Hier is insp. Leon Vorster van die polisie se reddingseenheid, en sy hond, Multon. Sheldean se leë sitplek langs Ashley Rossouw (7) in die Laerskool Tuinrand. Kinders by die Laerskool Tuinrand het pienk gedra om hulle aan haar herinner tydens haar verdwying. Dit was op die negende dag na haar verdwyning. Lede van die polisie buite die Humans se huis. Andrew Jordaan is na Sheldean se verdwying in hegtenis geneem, maar daarna weer vrygelaat. Volgens die polisie het hy Maandag erken hy het Sheldean vermoor. Me. Annemarie Grobler reageer nadat Sheldean se lykie gevind is. Sheldean het saam met haar dogter, Heila, gespeel die Sondagmiddag voordat sy verdwyn het. Andrew Jordaan is Heila se peetpa en jarelange vriend van Grobler. Kapt. Piet Byleveld, bekende speurder wat ook vir 'n deurbraak in die Leigh Matthews-saak gesorg het, Maandagaand op die toneel waar Sheldean se lykie gevind is. Polisielede op die toneel waar Sheldean se lyk gevind is. Sheldean se lyk word van die toneel vervoer. Ons gebede gaan uit na Sheldean se familie en vriende. Mag julle vrede vind hierdie tyd van groot hartseer. Onthou sy is nou op ‘n beter plek en Jesus het ‘n pragtige engeltjie vir Hom kom haal. Rus in Vrede Sheldean Ouers, pas asseblief jul engeltjies mooi op in hierdie wrede wêreld! CREATED BY: AGEL